Business News

Die baie gesigte van werkverslawing

Met Dank: Solidariteit Wereld – Deur Anja van den Berg

Publiseer: 6 Augustus 2019

Artikel: https://welstand.solidariteit.co.za/die-baie-gesigte-van-werkverslawing/

Alle werkoliste werk te veel, maar nie almal doen dit op dieselfde manier nie. Elke styl van werkolisme druk ʼn verskillende stel emosionele weerlooshede uit.

Die resultaat van enige styl van werkolisme is egter dieselfde: ʼn ongebalanseerde lewe gedomineer deur lang ure op kantoor.

“Die breë sambreel van werkolisme is slegs ʼn beginpunt” sê dr Bryan Robinson, psigoterapeut en Professor Emeritus aan die Universiteit van  Noord-Carolina.

Robinson differensieer tussen vier klassifikasies van werkholisme: die meedoënlose, die bulimiese, die aandaggebrekkige en die deeglike werkolis.

  1. Die meedoënlose werkolis

As jy ʼn meedoënlose werkolis is, word jy gekenmerk deur hoë werk-inisiëring en hoë werkvoltooiing. Jy werk kompulsief en voortdurend, dag en nag, vakansietye en naweke, ongeag die sperdatum. Jy is ʼn hardwerkende perfeksionis, jou werk is deeglik, en jou standaarde feitlik onbereikbaar. Daar is geen slap lê en geen aftyd in jou lewe nie, en ontspanning en vermaak is skaars. In plaas van voete te sleep met spertye, loop jy die skedule lank vooruit. Om die projek vroeg klaar te kry, laat ekstra tyd om op ander take te fokus. Jou fokus is voortdurend die inisiëring van take en die voltooiing daarvan ten alle koste.

  1. Die bulimiese werkolis

As jy ʼn bulimiese werkolis is, het jy buite-beheer werkgewoontes wat wissel tussen voluit werk en slap tye en word onderskei deur lae werk-inisiëring en hoë werkvoltooiing.

Gekonfronteer met ʼn spertyd, vervaardig jy adrenalien terwyl jy in verwoede produktiwiteit verval, gevolg deur traagheid. Jy gaan oorboord met verbintenis, wag tot die laaste moontlike oomblik, raak dan paniekbevange en werk soos ʼn besetene om die taak te voltooi. In kontras met meedoënlose werkoliste, weet jy jy is ʼn bulimiese werkolis wanneer jy deur lang periodes gaan waar jy nie eintlik uitsette lewer nie.

  1. Die aandaggebrekkige werkolis

As jy ʼn aandaggebrekkige werkolis is, word jy onderskei deur hoë werk-inisiëring maar lae werkvoltooiing. Jy het ʼn behoefte aan adrenalien, raak gou verveeld, jou aandag word maklik afgetrek en jy is voortdurend op soek na stimulasie. Jy hou van riskante werk en op die skerp kant te lewe, want dit gee jou ʼn adrenalientoevoer wat jou help om by die werk te fokus. Die skepping van kort spertye, om baie balle in die lug te hou en by die werk risiko’s te neem maak dit vir jou moeilik om spoed te verminder en te ontspan. Maklik verveeld met detail wat deurgevoer moet word, spring jy vorentoe na die volgende item op die agenda om nog ʼn adrenalien-aanvulling te kry. Jy mag dalk ʼn krisis skep oor klein dingetjies om ʼn adrenalien-regmakertjie te kry. ʼn Selfvervaardigde adrenalien-regmakertjie funksioneer as ʼn biochemiese mengelsopie wat die nodige fokus verskaf en jou toelaat om skouer aan die wiel te sit en ʼn taak te voltooi. Gevolglik begin en los jy menige halfgebakte projekte en beweeg aan die na die volgende riller.

  1. Die deeglike werkolis

As jy ʼn deeglike werkolis is, is jy die teenoorgestelde van die aandaggebrekkige werkolis – stadig, vasberade en metodies. Jy word gekenmerk deur jou lae werk-inisiëring en lae werkvoltooiing. Jy is ʼn volslae perfeksionis, diep binne vreesbevange dat die voltooide projek nooit goed genoeg is nie. Jy vind dit ook moeilik om raak te sien wanneer iets onvoltooi of voltooi is. Jy rek derhalwe onbewustelik werk uit en skep addisionele werk wanneer jy amper ʼn taak afgehandel het.

Dit is moeilik om werkverslawing te behandel in ʼn kultuur wat werkolistiese gedrag beoefen. Volgens onlangse navorsing is dit die mees sosiaal aanvaarbare vorm van verslawing. Nogtans kan werkverslawing lei tot verskeie negatiewe gevolge, insluitend uitbranding, depressie, middele-misbruik en gesinsprobleme. Plaas jou geestesgesondheid eerste en soek hulp.